Share

Wapentransaksie, wet op inligting weer bespreek

Talle wetsontwerpe word in die derde kwartaal van die parlementêre program – wat more amptelik begin – bespreek. Dit sluit in:

  • Die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting
Die ad hoc-komitee gemoeid met dié wet hervat die week sy werksaamhede. Die ANC-lede in die komitee het verlede kwartaal teen die verwagtinge in bepaalde toegewings gemaak, soos dat die mag om inligting te klassifiseer hoofsaaklik tot sekerheidsdepartemente beperk word.

Die klousule wat ’n minimum vonnis van 15 jaar voorstel vir diegene wat daaraan skuldig bevind word dat hulle inligting wederregtelik bekom, insamel of versprei, is ook verwyder.

Daar word egter uit verskeie oorde gewaarsku dat die stryd nog lank nie gewonne is nie. Een groot twispunt is die definisie van die begrip “nasionale sekerheid” wat steeds te wyd is, en die ANC se teenkanting teen die openbare-belang-verweer.

Laasgenoemde bepaling sal aan joernaliste beskerming verleen wanneer geklassifiseerde staatsinligting gepubliseer word. Die spertyd vir die finalisering van die wetgewing is tot 23 September verleng;

  • Bespreking van adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer, se verslag oor die huur van polisiekantore
’n Gesamentlike komitee, bestaande uit lede van die justisie- en polisiekomitee, sal Madonsela se verslae bespreek waarby die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, en me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, die minister van openbare werke, betrek word.

Die gesamentlike komitee moet toesien dat pres. Jacob Zuma en die kabinet remediërende stappe teen die oortreders doen;

  • Groenskrif oor Grondhervorming
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het al dié dokument (wat drie vorms van herverspreiding van grond daarstel) goedgekeur. Dit dien tans voor die kabinet, waarna dit voor die portefeuljekomitee oor grondhervorming sal dien;

  • Nuwe ondersoek na wapentransaksie
Opposisie-LP’s in die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) is vasbeslote dat die wapenkwessie weer bekyk moet word, veral in die lig van die Sweedse maatskappy Saab se erkentenis dat omkoopgeld gedurende die transaksie betaal is.

Die ANC skop vas, maar die DA meen daar is genoeg gronde vir lt.genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, die polisie se elite-ondersoekeenheid, om die ondersoek te heropen; en

  • Hervorming van Valke
’n Gesamentlike komitee, bestaande uit die portefeuljekomitees oor justisie en polisie, gaan beraadslaag en aanbevelings doen oor hoe die Valke onafhanklik van die polisie moet funksioneer.

Die konstitusionele hof het in Maart bevind die Valke, wat die Skerpioene vervang het, is nie onafhanklik nie en kwesbaar vir politieke inmenging. Die regering het 18 maande tyd om die uitspraak te gehoorsaam. 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 500 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 523 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE