Share

Wat is die oranje lig op dié foto

’n Vrou van Tierpoort, suidoos van Pretoria, glo sy het sewe vreemde, vlieënde voorwerpe (VVV’s) Vrydagaand van haar hoewe af gewaar en afgeneem.

Me. Charlotte Grub (25) het vertel hoe sewe helder oranje ligte een ná die ander Vrydagaand omstreeks middernag op die horison “opgekom” het, teen ’n bestendige spoed al hoër gestyg en in die hemelruim verdwyn het.

“Ek het dieselfde ligte in Mei ook gesien, maar toe kon ek net met my selfoon foto’s neem waarop ’n mens nie veel kon uitmaak nie,” het Grub gister gesê.

Grub het gesê sy, haar pa en haar sussie het omstreeks middernag Vrydag uitgegaan na ’n perdestal op die hoewe om na ’n siek perd om te sien.

“Ons het skielik ’n helder oranje lig in die suide bo die horison gewaar.

“Dit het redelik vinnig in ’n noordwestelike rigting gevlieg,” het Grub gesê.

Sewe sulke ligte, wat sowat 20 sekondes uitmekaar verskyn het, het min of meer dieselfde baan gevolg voordat die ligte te ver was om nog te sien.

“Die ligte was heelwat helderder as satelliete, sterre of vliegtuigligte en was kenmerkend oor hul oranje kleur,” het Grub gesê.

Die VVV’s het volgens haar vinniger beweeg as kommersiële vliegtuie, maar stadiger as wat die Internasionale Ruimtestasie soms snags oor die hemelruim beweeg.

“Daar was geen klank nie en die ligte se intensiteit was die hele tyd stabiel – nie soos die flikkerende lig van ’n satelliet of vliegtuig nie.

“Ons was stomgeslaan en het nog steeds geen idee wat die ligte kon wees nie.”

Grub het gesê toe sy dieselfde verskynsel in Mei waargeneem het, was daar sowat 20 sulke oranje ligte wat net ná 20:00 in die ooste in die hemelruim verskyn en verdwyn het.





Een van die sewe helder, oranje ligte (regs) wat me. Charlotte Grub (25) van Tierpoort, suidoos van Pretoria, Vrydagaand van haar hoewe in die hemelruim gewaar en afgeneem het. Die maan is links bo sigbaar.



Een van die sewe helder, oranje ligte wat me. Charlotte Grub (25), van Tierpoort, suidoos van Pretoria, Vrydagaand vanaf haar kleinhoewe in die hemelruim gewaar en afgeneem het.
Foto: Verskaf


Een van die sewe helder, oranje ligte (regs) wat me. Charlotte Grub (25), van Tierpoort, suidoos van Pretoria, Vrydagaand vanaf haar kleinhoewe in die hemelruim gewaar en afgeneem het. Die maan is links bo in die foto sigbaar.
Foto: Verskaf
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 460 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 998 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE