Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

‘An die Musik’ Sondag by Unisa

2012-06-29 00:59
An die Musik word Sondag om 16:00 aangebied in die Miriam Makeba-saal op die Unisa-kampus in Muckleneuk, Pretoria, met Deirdre Blignaut-Rautenbach (sopraan) en Sandile Mabaso (tenoor) as soliste.

Die program bestaan uit Schubert se An die Musik, die sewe Zigeunermelodien van Dvorák, Pieter de Villiers se Sewe Boerneefliedjies, drie liedere van Rachmaninof en die Dichterliebe van Schumann.
«Terug