CANBERRA. – ’n Australiese seun (3) het ’n noue ontkoming gehad toe dodelike slange uitgebroei het uit eiers wat hy in sy ouerhuis se agterplaas gekry het.
Kyle Cummings kon volgens die reptielkenner Trish Prendergast gesterf het as hy die oostelike of gewone bruinslang (Pseudonaja textilis) – die naasdodelikste slang in australië – ge-hanteer het. Die binnelandse taipan (Oxyuranus temporalis) is die dodelikste.
Kyle het volgens prendergast weke gelede ’n nes met nege eiers op sy ouers se plaas van 1,2 ha buite Townsville in die deelstaat queensland gekry. hy het die eiers in ’n kitskoshouer in sy kas gesit.
sy ma, donna sim, het die slange maandag gekry. gelukkig het die deksel die sewe slange gekeer om te ontsnap.
volgens prendergast is die twee eiers wat nie uitgebroei het nie, waarskynlik onbevrug.
“ek was erg geskok, want ek hou juis nie van slange nie,” het sim aan die townsville bulletingesê.
prendergast, koördineerder van die North Queensland Wildlife Care-groep vrywilligers, het die slange Dinsdag in ontvangs geneem en in die natuur vrygelaat. –
Sapa-ap