Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

Afrika-sentrum in Londen toe oor skuld

Deur: BBC 2012-08-10 21:35
Londen. – Die gasvryheidsentrum vir Afrika-lande wat aan die Olimpiese Spele deelneem, is weens onbetaalde skuld gesluit, het ’n woordvoerder bevestig.

Africa Village, in Kensington Gardens in westelike Londen, skuld honderdduisende ponde aan verskaffers, het Laurent Bag­nis gister gesê. Die presiese syfer is nog nie bekend nie.

’n Vergadering sal gehou word om te besluit of die terrein later oop sal wees vir Tunisië Dag.

Hierdie Olimpiese Spele is die eerste keer dat die 53 nasionale Olimpiese komitees uit Afrika saamgespan het om ’n gasvryheidsentrum in te vestig.

Die sentrum is geleë reg oorkant die Royal Albert Hall en beskik oor ’n restaurant en ruimte vir uitstallings wat vir die publiek oop was. Daar was ook ’n ontvangslokaal vir Spele-beamptes, atlete en borge.

Bagnis het gesê 80 000 mense het die lokaal besoek sedert die opening op Saterdag 29 Julie. Dit is eergister gesluit.

Toe hy gevra of die skuld £395 000 (sowat R5 miljoen) beloop, het Bag­nis gesê ’n aantal verskillende bedrae is genoem en dat hy nie weet watter bedrag in daardie stadium korrek is nie.
«Terug