Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

Koue weer eis al 83 lewens in Oekraïne

2012-12-21 22:16
Kiëf. – Minstens 83 sterftes in die Oekraïne is tot dusver aan ysige weerstoestande hier toegeskryf, het dié land se departement van gesondheid gister berig.

Net sedert Dinsdag is 46 mense reeds weens die koue en ontbering dood, het Wladimir Joertsjenko, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.

Die meeste van dié mense is in die buitelug dood, maar 15 het ook in hul huise weens die koue gesterf.

Die Oekraïne gaan dae lank reeds gebuk onder temperature so laag as -20 °C.

Rusland het ook buitengewoon ysige weer aangemeld.

Die Suid-Siberiese distrik Altai het die ergste Desember-koue die afgelope 100 jaar aangeteken, volgens die Interfax-agentskap.

In dié gebied, sowat 3 000 km oos van Moskou, word verwag dat temperature so laag as -40 °C kan daal.

Moskou self het rekord-elektrisiteitsverbruik van 17 717 mW bereik. – Sapa-DPA 
«Terug