Dit bevat woorde oor die ontslape prinses Diana se dood.
Die sanger het dit op ’n konsert in Melbourne gesing, het
news.com.au gister berig.
Sy het aan die skare gesê dié ballade weerspieël die diepste en
persoonlikste gedagtes wat sy nog ooit gehad het.
Die liedjie se einde, wat lui Princess Die, I want to see her cry, gaan duidelik oor Diana
se tragiese dood in Parys in 1997.
LadyGaga sing:
And wish that I would go
In my rich boyfriend’s limo,
oh oh
Right after he proposed
With a 16-carat stone wrapped in rose
gold
With the paparazzi all swarming ’round
In my Louis Vuitton white button-down
Oh, it’s not that deep
So bob head your head for another dead
blonde
Whose real prince is in heaven
She just wants to sleep
Die liedjie handel egter oor selfmoord en dat
dit ’n kommerwekkende saak vir veral die sanger se tiener-aanhangers sal
wees.
Sy sing:
I wish
that I was strong
I wish that I was wrong
I wish that I could cope, but I took pills and
left a note
Chris Wagner, kommunikasiedirekteur van Lifeline, het gesê die
liedjie dra ’n kommerwekkende boodskap aan die sanger se aanhangers oor.
“Lifeline is baie bekommerd oor die aard van die liedjie, veral
omdat dit duidelik die metode van selfmoord beskryf en in diepte oor selfmoord
praat,” het hy aan news.com.au gesê.