Washington. – Mense sonder ’n godsdiens is die derde grootste groep ter wêreld.
Christene is die grootste groep, Moslems die tweede grootste en Hindoes die vierde grootste, het die Pew-navorsingsentrum, ’n groep wat studies doen oor godsdiens en die openbare lewe, bevind ná ’n studie van uitvoerige data uit 2010.
Die Islam en Hindoeïsme toon volgens die studie die grootste potensiaal vir toekomstige groei.
Judaïsme toon die kleinste potensiaal.
Die Christendom is die mees wydverspreide godsdiens en Hindoeïsme die mees beperkte, met 94% van alle Hindoes wat in Indië woon. – Reuters