Hongkong. – ’n Piranha het ’n man in China se suidelike Guangxi Zhuang-streek aangeval.
Zhang Kaibo (31) het diep snye aan die hand opgedoen.
Die owerhede is nou opnuut bekommerd oor die onwettige invoer van diere. Die aggressiewe, vleisskeurende vis is inheems aan Suid-Amerika.
Die piranha het aan Zhang se hand vasgebyt.
Hy het die vis losgeskud en dit saamgeneem huis toe.
Die invoer van piranhas vir eksotiese akwariums word in China en ander Oosterse lande verbied weens vrese dat die visse in plaaslike waterbronne sal beland.