Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

Regisseur van 'Top Gun' spring na dood

2012-08-21 06:42
Tony Scott (68), regisseur van treffers soos Top Gun en Days of Thunder, is dood nadat hy Sondag van die Vincent Thomas-brug in Los Angeles in die VSA afgespring het.

Volgens polisiewoordvoerder Jennifer Osburn is ’n selfmoordbrief in sy kantoor gevind.

Ooggetuies sê hulle het gesien hoe Scott sonder huiwering oor die heining klim en by die brug afspring, berig The Guardian.

Scott laat sy vrou, Donna, en tweelingseuns, Frank en Max, agter. – Sapa-AP, The Guardian

«Terug