Beeld

Slang-pastoor in diens doodgepik

Deur: Sapa-AP 2012-06-01 21:40
Morgantown (VSA). – ’n Prediker van Wes-Virginië in die VSA wat met slange gewerk het as bewys van sy geloof in God, is dood nadat ’n slang hom gepik het.

Mark Randall (Mack) Wolford (44) is volgens ooggetuies Sondag deur ’n ratelslang op die bobeen gepik toe hy tydens ’n buitelug-diens met die slang gewerk het.

Becky Ritter, woordvoerder van die Bluefield- mediese sentrum, het gesê Wolford is Maandag daar oorlede.

Wolford was ’n pastoor van die Apostolic House of the Lord Jesus in Matoaka.

Hy het met die slanghanteerdery in sy pa se voetspore gevolg en is al voorheen gepik. Sy pa is in 1983 op 39 jaar weens ’n slangbyt oorlede.

Die slanghanteerdery spruit uit ’n letterlike interpretasie van ’n Bybelvers waarin staan: “In My naam sal hulle... slange optel...” 
«Terug