Share

Spele: Britte reg vir enige konflik

Die grootste vredestydse veiligheidsoperasie in die Britse geskiedenis is aan die gang ter voorbereiding van die Olimpiese Spele wat van 27 Julie tot 12 Augustus in Londen gehou word.

Die helikopterdraer HMS Ocean, die grootste skip in die Britse vloot, lê al weke lank vasgemeer in die Teems om as drywende hoofkwartier van die operasie te dien.

Met sy gevorderde radar- en kommunikasievermoë kan die skip ook bedreiging uit die lug betyds opspoor.

Die inwoners van verskeie woonstelblokke in die omgewing van die Olimpiese dorp en stadion in die ooste van Londen het ook verbaas opgekyk toe die Britse leër voorbereidings vir die plaas van lugafweer-missielbatterye op die geboue se dakke aangebring het.

Die idee is wel dat die militêre aanwesigheid tydens die Spele self, wanneer honderdduisende besoekers verwag word, op die agtergrond sal bly.

Intussen berig Britse koerante dat die Britse veiligheidsdienste sowat ’n halfmiljoen mense se agtergrond sal ondersoek om te keer dat terroriste of misdadigers die Spele ontwrig.

Die departement van binnelandse sake het sover reeds akkreditasie vir 100 mense geweier, maar nog kan volg.

Mense sal nie akkreditasie geweier word bloot op grond van ’n misdaadgeskiedenis nie, maar net as daar bevind word dat hulle ’n bedreiging vir die nasionale veiligheid kan inhou.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 428 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 909 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE