Beeld WEBWERWE/DIENSTE >

Video: 'San Francisco' se McKenzie dood

2012-08-20 11:01
Los Angeles. -  Scott McKenzie, sanger van die liedjie San Francisco (Be Sure to Wear Flowers in Your Hair) - wat 'n treffer tydens 1967 se "Somer van liefde" in dié stad was - is dood.

Hy was 73 jaar oud.

'n Verklaring op sy webtuiste sê hy is Saterdag in Los Angeles dood ná 'n stryd teen Guillain-Barre-sindroom, 'n siekte wat die senuweestelsel beïnvloed.

McKenzie was sedert 2010 dikwels in die hospitaal.

San Francisco
is deur John Phillips, leier van die groep The Mamas and the Papas, geskryf. - Sapa-AP

Kyk na video op YouTube
«Terug