Sunette Viljoen het met haar eerste gooi van 65.92 meter gekwalifiseer vir die finaal van die spiesgooi vir vroue.
Sy kan Donderdag om 22:00 in aksie gesien word.
Anaso Jobodwana het ook deurgedring na die halfeindronde van die mans 200 meter.
Jobodwana het tweede geëindig in die tweede uitdun in 20.46 sekondes.
Die halfeindrondes vind môreaand om 21:10 plaas.
En Bridgitte Hartley is ook deur na die finaal van die vroue-500
meter enkel-kajak. Sy het haar halfeindronde in 'n tyd van 1:51.286 gewen.
Hartley sal Donderdag om 11:15 in die finale in aksie wees