Share

Revolusie in Boland

PRETORIA. – ’n Paleisrevolusie dreig in Wellington nadat “talle senior klubs” ’n mosie van wantroue ingedien het teen die uitvoerende bestuur van die Boland-rugbyunie, insluitend en primêr sy president, Francois Davids.

Sport24 het die dokument van vier bladsye gisteroggend bekom, en daarin word nege klagtes geopper. ’n Senior amptenaar, wat uit vrees vir intimidasie anoniem wou bly, het aan Sport24 gesê die grootste besware gaan oor beweerde nepotisme en rassisme.

“Hierdie mosie het die steun van talle senior klubs, wat keelvol is vir hoe dinge in die Boland gedoen word,” het hy gesê.

Daar heers skynbaar al lank ontevredenheid in die Boland oor die “skaamtelose aanstelling van vriende en familie in poste, wat terselfdertyd met buitensporige salarisse gepaardgaan”.

Die oorspronklike renons het glo ontstaan toe Davids sy broer, Abe, verlede jaar as hulpafrigter van die Kavaliers aangestel en sy seun, Franzel September, die span mettertyd begin lei het.

Dít het die Boland vanuit klubgeledere die bynaam “Huis van Davids” besorg – ’n verwysing na ’n plaaslike televisiereeks.

Toe die direkteur van rugby, Loffie Eloff, en talle van sy spelers onlangs aansienlik kleiner salarisse aanvaar het, het September na bewering ’n verhoging gekry.

En, word in die mosie aangevoer, is Bolla Conradie en Milroy Isaacs nie weer gekontrakteer nie om mededinging om onderskeidelik die leierskap en nr. 6-trui van September te voorkom.

Voorts wys die mosie daarop dat Denver Pienaar, ’n voormalige hoof van ontwikkeling en spanbestuurder van die Kavaliers, glo in 2010 aangesê is om teen ’n kleiner vergoedingspakket tussen die twee poste te kies.

Hy het by ontwikkeling aangebly aangesien hy glo net R2 000 per maand as spanbestuurder gekry het. Hendrik Snyders het as spanbestuurder oorgeneem, en toe hy die unie verlaat het, is Willie Small, “’n groot vriend van die president”, in albei Pienaar se vorige poste aangestel.

Die uitvoerende hoof, Piet Bergh (61), is vandeesmaand gevra om ’n jaar voor sy voorgenome aftrede sy pakket te vat.
 
Dié aankondiging is oombliklik opgevolg met gerugte dat Small die gunsteling is om hom te vervang.

Small het in 2010 sy pos as uitvoerende hoof van die Suidwestelike Distrikte verlaat, toe daar ernstige vraagtekens oor sy kop gehang het oor onder meer beweerde onverklaarde finansiële transaksies.

Hy het in 2009, midde-in ’n tugverhoor teen hom, ’n magdom klubs gesnoer om ’n mosie van wantroue in te dien teen die bestuurslede wat hom verhoor het.

Sport24 verneem dat die SWD se finansiële jaarstate vir 2009 eers volgende week goedgekeur kan word.

Buiten vir kommer “dat hierdie man nou as die Boland se Messias geoormerk word”, meen die Bolandse mosieleiers dat daar geen deursigtigheid in die aansoekproses is nie, aangesien aansoeke direk aan Davids se persoonlike assistent, Anthea Jantjies, gestuur moet word.

Sy is glo onlangs in hierdie nuwe pos aangestel. Haar man, Hoban Jantjies, is na bewering sonder ’n tenderproses as die unie se amptelike spysenier “aangestel”.

Wat rassisme betref, lui die mosie: “Dit is ’n ope geheim dat die president geen blankes in die Boland wil hê nie. Loffie Eloff moet weggewerk word sodat die president se broer, Abe, hoofafrigter van die Kavaliers kan word...”

- Die Boland-rugbyunie het teen druktyd nie gereageer op ’n versoek deur Sport24 om kommentaar te lewer nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 389 votes
No! It's time to move on ...
35% - 213 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
917.50
+0.6%
Palladium
985.50
-1.9%
Gold
2,341.77
+1.1%
Silver
27.52
+1.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,332
-0.4%
All Share
74,172
-0.5%
Resource 10
62,213
+2.9%
Industrial 25
102,238
-1.7%
Financial 15
15,772
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE