Nóg ’n oud-Bok het Joost se siekte

Motorneuronsiekte (MNS) en kontaksport kan nie regstreeks met mekaar verbind word nie. Dít was gister dr. Jody Pearl, ’n spesialis-neuroloog van Johannesburg, se kommentaar oor die nuus dat die siekte vroeër vandeesmaand by ’n voormalige Springbok-senter, Tinus Linee (43), gediagnoseer is.