DieBurger

Aktiviste teen rob-oes bereid om te help tel

Deur: Annelie Maré 2012-07-03 04:00

KAAPSTAD. – Suid-Afrikaanse diereregte-aktiviste wat die rob-oes in Namibië teenstaan, is bereid om te help met rob-bevolkingstudies om vas te stel of die oes wel volhoubaar is.

Dit volg nadat Namibië se ombudsman, adv. John Walters, bevind het daar is nie genoeg bewyse of regsgronde op grond waarvan die oes verbied kan word nie.

François Hugo van die organisasie Seal Alert SA is tans besig om ’n prokureursbrief, aan Walters en die ministerie van visserye en mariene hulpbronne gerig, op te stel. “Ons glo die toelaatbare vangs by Kaap Kruis, wat sowat 40000 robbe beloop, is meer as die huidige getal robbe in die kolonie. Ons is bereid om elke dag foto’s van die robbe te neem en dan met die hand te tel om vas te stel hoeveel daar is en of dit genoeg is om die oeskwota te vul.”

Die Burger
«Terug