Share

Bobbejaan word ’n rolprentster

JOHANNESBURG. – ’n Negejarige mak bobbejaan het die jongste ster in Katinka Heyns se fliek oor die digter en natuurkenner Eugène Marais se lewe, Die Wonderwerker, geword.

Hy is nie veeleisend of aansitterig nie en tussen tonele dring hy slegs aan op grondboontjies, lekkers en vrugtesap.

Maar as die kameras rol, is Andries die prentjie van professionaliteit.

Sonder Andries sou die fliek nie moontlik gewees het nie, het Dawid Minnaar, wat die hoofrol vertolk, gesê.

“Ek is altyd bang vir wilde diere, maar die tonele wat ons sover met Andries geskiet het, het vlot verloop.”

Andries woon sedert hy ’n baba is by mnr. Louis en me. Marianna Ernst in hul plaashuis naby Hartbeesfontein in Noordwes.

“Om ’n bobbejaan mak te maak, verg baie liefde en geduld,” het mnr. Ernst gesê.

Andries het vyf jaar lank saam die Ernsts in die bed geslaap.

“Ons het selfs ’n king-size bed gekoop toe hy te groot geword het,” het me. Ernst geskerts.

Andries eet alles wat die Ernsts eet, maar sy gunsteling is pampoen. Hy rook ook pyp en drink so dan en wan ’n knertsie brandewyn. Die Ernsts hoop om vir mense te wys dat bobbejane hoogs intelligente diere is.

“Marais was gefassineer deur bobbejane en dit is ’n belangrike deel van die prent,” het Heyns gesê. “Mense het hom die ‘mesmeraaiser’ genoem en gesê hy het bonatuurlike kragte.”

Sy en haar medevervaardiger, André Scholtz, moes soek vir ’n mak bobbejaan vir die laaste tonele. Die Ernsts het gebel en gesê Andries sal perfek wees.

“Ons is baie dankbaar, want dit beteken ons kan die prent hopelik in September uitreik,” het Scholtz gesê. Vir die laaste toneel moet Andries aggressief na die kamera aangestorm kom.

Sodra Heyns “aksie” skree, wil Andries egter niks weet nie. Hy sit gedweë na die produksiespan en staar.

“Hy is nou ’n bietjie moeg,” verduidelik me. Ernst.

Andries sal moet gewoond raak aan die pas van verfilming, want vir dié kees lê daar dalk ’n belowende akteursloopbaan voor.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 486 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE