Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport, het bekendgemaak dat die B-monster van die wenner van die Comrades marathon, Ludwick Mamabolo, positief getoets het.
Mamabolo se A-monster het positief getoets vir metiel-heksaneamien nadat hy die ultramarathon verlede maand in Durban gewen het.
Die B-toets is 'n 30ml monster van die oorspronklike monster en is 'n bevestigingstoets van die A-monster.
'n Verhoor sal nou plaasvind waartydens Mamabolo die geleentheid sal kry om homself teen aanklagte te verdedig.
Lees hier meer.