Johannesburg. - Een van die mans wat die omstrede skildery van pres. Jacob Zuma in die Goodman-galery in Rosebank glo met verf getakel het, sê dit was sy "bedorwe stembriefie", berig
Beeld vandag.
Barend la Grange het vandag buite die Johannesburgse landdroshof - waar hy en Louis Mabokela verskyn het - gesê dit gaan nie oor kuns nie, maar dit was eerder 'n politieke kwessie wat 'n rasse-kwessie geword het.
Hy het volgens
Sapa gesê hy sal later in meer besonderhede oor sy optrede praat.
La Grange en Mabokela
word van
opsetlike saakbeskadiging aangekla nadat hulle ’n skildery deur die
kunstenaar Brett Murray met verf getakel en gevandaliseer het.
Hul verhoor is later vandag na die Hillbrow-landdroshof geskuif en daarna vir verdere ondersoek tot 28 Junie uitgestel.
Intussen berig die SAUK die polisie gaan 'n veiligheidswag van die galery in hegtenis neem op 'n klag van aanranding van een van die verf-smeerders.
George Moyo, wat gister in hegtenis geneem is toe hy met ’n spuitkannetjie ’n muur buite die Goodman-galery beverf het, is vroeër borgtog van R1 000 in die Hillbrow-landdroshof
toegestaan.
Hy moet weer op 14 Junie in die hof verskyn. Hy is ook van
opsetlike saakbeskadiging aangekla nadat hy na wat verneem word die woord
respect op die muur probeer spuit het.
Volg
Beeld se twiets oor die hofverskynings hier onder: