Share

Eers knyp Johnny, en toe leeuloop hy toilet toe

Nelspruit - As iemand jou motor se spaarwiel steel, sal jy geneig wees om die dief aan te vat. Maar wat as die “diewe” ’n trop leeus is?

En hoe gemaak as jy toilet toe wil gaan, maar die leeus lê voor die gemakhuisie se deur? Dan knyp-knyp ’n mens maar en doen jou eie leeuloop om tussen die leeus deur te jaag om jou groot nood te verlig.

Dít was die skreeusnaakse dilemma waarmee ’n groepie vriende van Nelspruit gesit het met hul kampuitstappie aan die Khutse-wildtuin in Botswana.

Mnr. Willem Botha, ’n veldwagter en natuurliefhebber, was voorverlede week vir ’n paar dae saam met vriende op toer deur Botswana. “Ek en my ou vriend Stefan van der Walt het besluit het om die aand sommer bo-op die viertrekvoertuie se dakrakke te slaap.”

Botha het in die middernagtelike ure wakker geword toe sy Pajero heen en weer skud. Hy het aanvanklik gedink iemand probeer die voertuig sleep. Hy moes egter ontdek dat ’n jong, volgroeide leeuwyfie regop teen sy voertuig se agterdeur staan en probeer om die spaarwiel daarvan af te trek.

“Voor die voertuig het nog ’n wyfie plat op haar bas gesit en my stip dopgehou. Ek het gesukkel om Stefan, wat sowat tienmeter van my af op sy bakkie se dakrak geslaap het, wakker te kry. Hy wou my nie glo dat daar leeus in ons kamp was nie – tot hy ’n trop jonges sien wat aan my ander spaarwiel, wat ek van die dak afgehaal het om vir my slaapplek te maak, vreet.”

Hul ander kampgenote, mnre. Piet van Wyk, Johnny Grant, Peet Pelser en Nick James het daar naby in ’n tent geslaap en verwilderd uit die tent geseil en skuiling onder van die ander voertuie gaan soek.

Intussen het die leeus die spaarwiel waaraan hulle gevreet het, die veld ingesleep en Botha-hulle moes met ’n voertuig tot bo-oor die wiel ry sodat hulle ten minste die velling kon “red”. Botha het ’n tou om die velling vasgemaak en hulle het die band tot in die kamp gesleep...met die trop leeus wat agter die band bly aandraf het.

“Een van die skreeusnaaksste oomblikke was toe Johnny (Grant) met sy voertuig na die toilet, wat ’n paar meter van die kamp af was, moes ry om die trop leeus wat daar was te verwilder sodat hy sy besigheid kon gaandoen!”

Albei bande was aan flarde gebyt en moes vervang word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 483 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1072 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE