Share

‘Ek het R89 miljoen verloor...’

KAAPSTAD. – ’n Belegger wat sowat R90 miljoen verloor het as gevolg van die twyfelagtige skemas van wyle Herman Pretorius, het pas gesê hy en ’n groep beleggers oorweeg ’n groepregsgeding teen die Raad op Finansiële Dienste (RFD).

Oor sy verlore miljoene sê Mike le Sueur, ’n sakeman van die Strand wat verskeie van sy sake verkoop het om beleggings op advies van ’n “agent” by Pretorius te doen: “Man, ek is nou moeg van die storie en sit vir eers en wag en kyk wat gebeur.”

Le Sueur meen die netto bedrag wat hy by Pretorius belê het, was waarskynlik rondom R60 miljoen, “maar met die rente word ek sowat R89 miljoen geskuld”.

Dit sluit egter ook ander gesinslede se geld in en “ons familietrust”, het hy gesê.

“Wat kan ek sê? Ek voel blerrie sleg daaroor. Tot ’n mate voel ek sleg daaroor. Daar is baie mense wat nou aan my sê ek moes die briefhoofde nagegaan het en meer inligting gekry het. Eindelik gaan dit maar oor die vertroue wat jy in jou ‘agent’ gestel het,” het Le ­Sueur aan Die Burger gesê.

Volgens hom wag hy en ander beleggers nou op meer inligting van die likwidateurs. “Ons wag vir meer ammunisie. Ons oorweeg om gesamentlik as ’n groep beleggers ’n geding teen die RFD aanhangig te maak.”

Die RFD, wat onder meer vir die regulering van beleggings aan die publiek verantwoordelik is, het erg onder skoot gekom met die skietdood van Pretorius en die gevolglike ineenstorting van die skemas waarin na raming R3 miljard belê is. Gesaghebbendes meen die RFD het nie sy werk na behore gedoen nie. Die RFD ontken dit ten sterkste.

Die “agent” van Le Sueur, Michael Calitz, wat ook verskeie ander beleggers se geld by Pretorius belê het, het intussen aan Die Burger gesê hy het twee klagtes wat die ombudsman vir finansiële tussengangers “moet hanteer”.

Calitz het gereageer op vrae oor of hy bewus is van beleggers wat moontlik regstappe kan doen.

“Volgens my het Pretorius ’n verskansingsfonds bestuur. Ek was in die kantore en het gesien hoe die verhandelings deur verskansingsfondsbestuurders plaasgevind het.

“Ek weet nie waarheen die geld is nie. Die geld wat ek by beleggers gekry het, is wettig deur middel van elektroniese oordragte – waarvoor daar bewyse is – oorbetaal. Ek weet nie waarheen die geld is nie, maar geld los altyd ’n spoor. Daar is mense wat elke transaksie kan naspoor.

“Volgens my het ek alles wettig gedoen,” het Calitz, wat ook in die Bellville-omgewing werk, gesê.

Intussen verneem Die Burger dat Pretorius se vrou, Susan, en sy twee seuns steeds in ’n regstryd met die likwidateurs gewikkel is om inligting bekend te maak.

Die gesin se prokureur, Etienne Naude, wat in Pretoria praktiseer, probeer Die Burger reeds weke lank ontduik.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 876 votes
No! It's time to move on ...
33% - 431 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.18
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.9%
Platinum
925.80
+0.0%
Palladium
984.50
-0.6%
Gold
2,348.29
+0.7%
Silver
27.59
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,301
+1.3%
All Share
75,260
+1.3%
Resource 10
63,185
+1.7%
Industrial 25
103,614
+1.1%
Financial 15
15,990
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE