Die suidewind gaan sy greep op die Suid-Kaap behou en môre, wanneer dit oor die Weskus en Skiereiland ophou sous, val dit steeds tot anderkant Plet en in die Oos-Kaap.
Die Burger se Weerhaan berig dat ons Atlantiese hoogdruk kry koue hulp van ’n sterk stelsel wat oor Namibië hang en dit is uit daardie oord dat ons Vrydag nog reën en koue oor die Weskus kan kry.
Intussen is talle bergpassse weens sneeu en nat weer gesluit.
Op die N9 is die Lootsberg-pas tussen Graaff Reinet en
Middelburg gesluit asook die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff
Reinet.
In die Wes en Oos kaap loop damme oor en riviere loop sterk na goeie reën laasnag en vandag.
Die weerkantoor het gewaarsku dat sneeu oor die Oos-Kaap kan voorkom.
Ligte sneeu het ook vanoggend in
Johannesburg en Sandton geval.
En DIT is hoe die Buffeljagsrivier by Swellendam vanoggend gelyk het. Dié kort video is ingestuur deur 'n leser, Trevor Walters.