Share

Hof staan verlof toe vir appèl teen Overberg-beslissing

Kaapstad - Al 20 raadslede van die Overberg-distriksmunisipaliteit wat vroeër hul poste kwyt was toe die raad ontbind is, sit nou weer hul stoele vol.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het gister verlof vir appèl teen die Overberg-beslissing aan die provinsiale departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning toegestaan. Die hof het vroeër ’n besluit van mnr. Anton Bredell, provinsiale minister, om die hele Overberg-raad te ontbind, ongeldig verklaar.

Bredell het in Julie die ontbinding aangekondig en ’n administrateur aangestel. Hy het toe gesê die raad kon nie ’n begroting betyds goedkeur nie en dit is een van die redes hoekom die ontbinding genoodsaak was. Die hof het egter beslis die ontbinding is ongeldig en dat die raadslede wat afgedank is weer hul pligte moet hervat.

Bredell het gister gesê dit gaan uiteindelik oor duidelikheid oor die regsposisie in dié aangeleentheid.

“Weens die erns van die situasie sal die provinsiale kabinet in oorlegpleging met die Overberg-distriksmunisipaliteit die appèlhof vra om ’n vroeër datum vir die appèl vas te stel. Ek vertrou ons kan die appèl wen.”

Bredell het gesê hy stem egter nie met die hooggeregshof se beslissing saam dat raadslede heraangestel moet word hangend die appèl nie, maar hy sal die uitspraak respekteer.

Mnr. Andrew Madala, streek­koördineerder van die ANC in die Overberg, het gister die hof se besluit oor heraanstelling verwelkom. “Die appèl is uit blote nydigheid en ’n poging om die ANC te beroof.”

Volgens hom sal ’n raadsvergadering vandeesweek of vroeg volgende week gehou word om kwessies te bespreek. Die raad het 10 weke om ’n begroting goed te keur.

Die ANC het reeds die DA oor dié appèl gekap en gesê dit is ’n vermorsing van belastingbetalersgeld.

Bredell het vroeër gesê die regskoste vir die provinsie in die oorspronklike hofsaak het sowat R180000 beloop.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1845 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
9% - 180 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
+0.1%
Rand - Pound
23.69
-0.0%
Rand - Euro
20.29
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
947.10
-0.6%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,375.28
+0.6%
Silver
28.42
+0.7%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
0.0%
Resource 10
63,378
0.0%
Industrial 25
97,824
0.0%
Financial 15
15,384
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE