Share

Kerke ‘kan nog nie sê’ oor gays

STELLENBOSCH

Die vraagstuk oor gays in predikantsampte is ook in ander hoofstroomkerke as die NG Kerk nog nie volledig uitgeklaar nie.

Woordvoerders van die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK), die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika en die Apostoliese Geloofsending (AGS) het gister hul mening hieroor gelug na aanleiding van die debat wat woed oor die gay NG-proponent me. Lulani Vermeulen wat legitimering geweier is omdat sy nie ’n onderneming van selibaatheid wou onderteken nie.

Dr. Charles Flandorp, voorsitter van die VGK-kuratorium, het gesê die voorgeskrewe sinodale bepalings lui dat na die student se akademie en openbare lewe gekyk moet word. Die besluit of die student gelegitimeer word, berus egter op verslae van die kerkraad.

“Die VGK het nie ’n amptelike beleid nie. Daar is niks in die kerkorde wat sê dat gays nie gelegitimeer kan word nie.”

By navraag oor mnr. Abé Peters, ’n VGK-Matie wat drie jaar gelede nie gelegitimeer is nie nadat hy verklaar het dat hy gay is, het Flandorp gesê hy was nie by die besluit betrokke nie.

“Sover ek weet, het hy gesê hy gaan in die buiteland verder studeer. Hy het juis navorsing gaan doen oor hierdie saak.”

Ds. Pieter Grové, ook lid van die kuratorium en assessor van die Wes-Kaapse sinode van die VGK, het gesê die algemene sinode het in 2005 besluit dit is ’n burgerlike reg dat daar nie op grond van seksuele oriëntasie gediskrimineer mag word nie. “Maar die VGK het op die oomblik geen finale standpunt daaroor nie. Dit sal waarskynlik tydens die algemene sinodesitting in 2012 uitgeklaar word.”

’n Afgetrede biskop van die Anglikaanse Kerk, biskop David Russel, was jare lank betrokke by komitees wat oor hierdie vraagstuk besin het.

Hy het gesê die Anglikaanse Kerk se posisie sal dieselfde wees as dié van die NG Kerk.

“Ons is op ’n reis. Die Anglikaanse gemeenskap worstel al vir ’n hele paar dekades met hierdie kwessie, maar die vorige Lambeth-konferensie van biskoppe in 1998 het nog die tradisionele lering aangehang.

“Ons het dus nog nie ons siening amptelik verander nie, maar daar is diegene in die kerk wat dink dat verandering al lankal moes gekom het,” het Russel gesê.

Dr. Isak Burger, president van die AGS van SA het gesê: “Ons is nie ‘gay-jagters’ nie en het gay lidmate.

“Daar is by ons groot deernis en verdraagsaamheid vir pastore wat êrens langs die bedieningspad tot die ontdekking/oortuiging kom dat hulle ’n gay-oriëntasie het, maar onderneem om selibaat te bly. Dit was destyds ons verstandhouding met past. Phillip Liebenberg. Hy het egter op ’n punt gekom waar hy besluit het om nie selibaat te bly nie en self uit die AGS bedank. Enkele ander pastore het oor die jare en sonder bohaai dieselfde pad geloop.”

Burger het egter bygevoeg hulle sal nie iemand wat in ’n homoseksuele verhouding is orden of toelaat om in die bediening te gaan of daarmee voort te gaan nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 416 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 870 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE