Share

Kruger hoor dalk vandag oor parool

JOHANNESBURG. – Theuns Kruger, een van die mans wat me. Alison Botha in 1994 verkrag en byna vermoor het, hoor dalk vandag of sy vrylating op parool aanbeveel word.

Mnr. Phumlani Ximiya, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het gister bevestig die paroolraad sal moontlik reeds vandag ’n aanbeveling oor sy paroolaansoek maak.

Dit sal dan na die nasionale raad oor korrektiewe dienste verwys word. Daarna word ’n aanbeveling aan die minister van korrektiewe dienste gemaak.

Die minister het uiteindelik alleenreg om te besluit of iemand op parool vrygelaat word.

Volgens Ximiya is Botha van Kruger se verskyning voor die paroolraad ingelig en het sy reeds geskrewe vertoë teen sy moontlike vrylating by die departement ingedien.

Botha, wat intussen ’n boek oor haar ontberings geskryf het en deesdae ’n wêreldbekende spreker is, het dit gister bevestig.

Kruger en Frans du Toit het Botha in Desember 1994 in Noordhoek, Port Elizabeth, oorval, verkrag, meer as 30 keer met ’n mes gesteek en haar keel probeer afsny. Daarna het hulle haar vir dood in die veld agtergelaat. Hulle het later getuig die dade is in opdrag van die duiwel gepleeg.

Kruger is in 1995 in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die aanval op Botha, asook 25 jaar vir ’n aanval op ’n swanger vrou. Du Toit is terselfdertyd tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hulle kom ingevolge wetgewing wat in Junie verlede jaar van krag geword het in aanmerking vir parool omdat hulle voor 2004 gevonnis is en reeds 13 jaar en vier maande van hul vonnis uitgedien het.

’n Aanlynpetisie teen Kruger en Du Toit se vrylating op parool is in Januarie begin en reeds deur meer as 11000 mense onderteken.

Mnr. Melvin Humpel, die destydse ondersoekbeampte in die saak, het vroeër gesê om parool aan Botha se aanvallers toe te staan, sal wees soos om ’n swart mamba in ’n kamer met 20 mense los te laat.

“Jy weet hy gaan die een of ander tyd iemand pik, net nie wie of wanneer nie.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 477 votes
No! It's time to move on ...
36% - 263 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE