Share

Leerders in Wes-Kaap ‘nié vir vigs getoets’

Kaapstad

Kinders in Wes-Kaapse skole word nie deur nieregeringsorganisasies vir MIV/vigs getoets nie.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het dié versekering gister gegee nadat dit bekend geword het dat sodanige toetse in sommige ander provinsies gedoen is.

Me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het volgensSapa eergister gesê dié organisasies moet ophou om kinders by skole vir MIV/vigs te toets totdat haar departement en die departement van gesondheid riglyne daarvoor vasgestel het.

Motshekga het gesê meer as 80000 leerders in Gauteng en KwaZulu-Natal, asook twee ander provinsies, is by skole getoets.

Haar woordvoerder, me. Hope Mokgatlhe, kon nie aan Die Burger sê in watter ander twee provinsies dit gedoen is nie. Die projek is beëindig omdat “ouers ons kan dagvaar”, het sy gesê.

Dr. Johanna Kehler, direkteur van die Aids Legal Network in Kaapstad, het gesê die Kinderwet bepaal dat enige persoon ouer as 12 jaar sonder die toestemming van ’n ouer of voog vir ’n MIV-toets mag gaan.

Dit beteken dat so ’n toets nie onwettig is nie indien die leerder ­(ouer as 12 jaar) sy of haar toestemming gee om getoets te word.

“Ons is egter gekant teen toetsing by skole omdat dit die privaatheid van leerders skend. Ons voel nie skole is in staat om leerders by te staan indien hulle wel MIV-positief is nie. Daar is nie ’n ondersteuningsnetwerk met opgeleide mense om dit te hanteer nie,” het sy gesê.

Kehler het bygevoeg dat ’n skoolomgewing nie veilig genoeg is om sulke private inligting te bêre nie.

“Daar is steeds ’n stigma rondom MIV/vigs en om leerders so aan onderwysers en hul maats bloot te stel, is onaanvaarbaar.”

Mnr. Patrick Solomons van die kinderorganisasie Molo Songololo het gesê: “Deur veral ouer leerders toegang tot die toets te gee, kan hulle hulself en hul maats beskerm.”

Skole moet die regte infrastruktuur hê om die toetse in privaatheid te kan doen en sal sodoende ’n basiese gesondheidsdiens aan leerders verskaf, het hy gesê. Dit moet gepaardgaan met goeie ondersteuning indien ’n leerder positief toets.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 633 votes
No! It's time to move on ...
34% - 330 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.1%
Rand - Euro
20.40
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
933.60
+0.9%
Palladium
995.00
+0.5%
Gold
2,339.47
+0.3%
Silver
27.62
+0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE