Share

Man beken skuld aan belastingbedrog

Paarl - ’n Belastingbedrieër het gister skuld beken op 84 aanklagte van bedrog wat bykans R7miljoen beloop.

Marius van der Westhuizen (64) het aanvanklik in die Paarl-streekhof skuld ontken. Hy het boonop aangevoer die ondersoekbeampte, mnr. Fred Botha, het gedreig om hom “te ruïneer” en het die klaer, mnr. Oloff Hennig, beskerm.

Van der Westhuizen het van 1999 tot 2005 altesaam 65 vals BTW 201-opgawes met fiktiewe syfers ingedien, waarvoor hy terugbetalings van R6,65miljoen gekry het. Hy was verantwoordelik vir die BTW-verpligtinge van die Oloff Hennig Boerdery Trust en die Stawelklip Landgoed Eiendomstrust. Die ondernemings behoort aan Hennig.

“Ek erken dat mnr. Oloff Hennig nie bewus was van hierdie bedrog nie,” lui die dokument met Van der Westhuizen se erkennings wat sy prokureur, mnr. Henk Carstens, gister aan die hof voorgelees het.

Dié twee ondernemings was tydens die misdade dormant, maar Van der Westhuizen, mede-eienaar van die rekenmeestersfirma A. van der Westhuizen en Kie, het hom voorgedoen as die ondernemings se rekenmeester en het fiktiewe BTW-opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingedien. Hy het gister erken hy was nie by magte om finansiële state namens dié entiteite in te dien nie.

“Ek erken dat ek alleen hierdie bedrog beplan en uitgevoer het,” lui sy erkennings. Hy het die SAID se uitbetalings van die ondernemings se bankrekenings na sy eie oorgeplaas.

“Die geld is daarna tot my en my besigheid se voordeel aangewend. Ek erken dat ek alleen voordeel getrek het uit hierdie bedrog,” lui die erkenning voorts.

Hy het ook in 2000 ’n SAID-ouditeur, me. Riana Vogel, “wederregtelik, valslik en met die opset om te bedrieg” mislei tydens ’n oudit van die Oloff Hennig Boerdery Trust.

Die staatsaanklaer, mnr. Freek Geyser, en die streeklanddros, me. Norma Smile, het dié erkennings aanvaar. Smile het Van der Westhuizen skuldig bevind. Sy vonnisverrigtinge sal vandag begin en sy borgtog van R1 miljoen is verleng.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
President Cyril Ramaphosa will sign the National Health Insurance Bill into law this week.
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
At last. The NHI will improve healthcare for all South Africans.
5% - 277 votes
Cheap politicking before the election. Challenge the Bill in court.
87% - 5275 votes
I don't have strong feelings about the NHI either way.
8% - 488 votes
Vote
Rand - Dollar
18.33
-0.8%
Rand - Pound
23.29
-0.0%
Rand - Euro
19.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Gold
2,414.25
-0.1%
Silver
31.49
+0.1%
Brent Crude
83.98
+0.9%
Top 40
73,214
0.0%
All Share
79,531
+0.0%
Resource 10
63,559
+2.2%
Industrial 25
110,578
-1.0%
Financial 15
17,183
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE