'n Gesamentlike operasie deur lede van die Valke en
Misdaad-intelligensie gisteraand het gelei tot die inhegtenisname van 'n
Nigeriese man in verband met dwelms ter waarde van R8 miljoen
rand.
Volgens 'n mediaverklaring word die
39-jarige man al 'n geruime tyd deur die polisie
dopgehou.
'n Transaksie in
Adderleystraat
gisteraand het tot sy inhegtenisname gelei. Hy
het 2.1kg tik by hom gehad.
Daarna is sy woonstel in
Somersetstraat in Groenpunt deursoek asook sy klub in Darlingstraat, asook 'n woonstel in Buitenkantstraat wat
blykbaar die plek was waar hy die dwelms vervaardig
het.
By die drie plekke is in totaal 2kg heroïne ter waarde van meer as halfmijoen rand gevind.
Daar
is ook beslag gelê op
5 kg Kokaine met 'n
geraamde waarde van R1,5 miljoen, 25 kg Efedriene asook metamfetamiene ter waarde
van R 1,5 miljoen rand.
'n Kwartmiljoen rand
kontant wat vermoedelik die wins op dwelmtransaksies is, is by 'n huis in Table
View gevind.