Share

‘Ons wil die kerk verander’

STELLENBOSCH.

“Ons wil nie ons goed vat en trek nie, ons wil bly en ons wil die kerk verander. Daar is ’n stille meerderheid wat ook wil hê die kerk moet verander.”

Só het ds. Laurie Gaum gesê oor die NG Kerk se weiering om ’n gay proponent te legitimeer nadat sy nie ’n selibaatheidsonderneming wou onderteken nie.

Gaum, ’n gay predikant wat deur die NG Kerk verwerp is, het ná die sinodesitting in 2007 sy status as geordende predikant teruggekry.

Hy het gereageer op die situasie van me. Lulani Vermeulen, ’n gay teologiese student wat volgende week haar lisensiaat by die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheid ontvang, maar nie gelegitimeer is nie. Sy is in ’n vaste verhouding en wou nie ’n vorm teken dat sy selibaat sal lewe nie.

Gaum het by navraag gesê die hele saak bring ’n mens terug by die volgende problematiek: “Is jy praktiserend gay of nie-praktiserend gay?

“Dit klink na onregverdigheid, want daar word nooit gevra of iemand praktiserend straight is nie.

“Dit is ’n geweldige onreg wat die kerk se standpunt ’n mens aandoen. Dit maak Lulani duidelik seer.”

Gaum, wat tans werk by ’n interkerklike organisasie, die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit, het gesê hy bewonder Vermeulen vir die standpunt wat sy inneem.

“Ek self sal maar altyd ’n klip in die skoen van die kerk bly en nie sulke dokumente onderteken nie. Dit is so absurd!”

Prof. Nelus Niemand, moderator van die algemene sinode van die NG Kerk, het gesê met die sinodale besluit vier jaar gelede het die kerk reeds nuwe grond betree deur gay predikante toe te laat, mits hulle ’n selibate lewenswyse handhaaf.

“Die evangeliese kerke laat glad nie mense met ’n gay oriëntasie in die bediening toe nie. Ons is dus baie oper wat dit betref,” het hy gesê.

Intussen het Vermeulen gesê sy kry geweldig baie steun nadat die storie op die lappe gekom het.

“Ek het besluit om met mnr. Pieter van R. Coetzee te beraadslaag sodat ek ’n regsmening op ’n sinvolle en geordende wyse kan inwin.

“Aangesien ek van mening is dat my regte aangetas is en word, wil ek dit nie net vir myself doen nie, maar ook vir ander.”

Sy het bygevoeg sy gaan tans steeds aan met gemeenskapsontwikkeling, aangesien sy nie vir ’n gemeente beroepbaar is nie.

“Ek het hierdie jaar vir Inclusive and Affirming Ministries gewerk, en hulle ondersteun my steeds in my gesprek met die kerk.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 394 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 551 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE