DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

Petrolprys daal aansienlik

2012-06-29 12:50
Johannesburg – Die prys van 93-oktaan-petrol sal Woensdag met 89c per liter daal, het die departement van energie Vrydag aangekondig.

Een liter 95-oktaan-petrol sal 85c minder kos.

Dit sal teen R10,82 ‘n liter in Gauteng verkoop word en teen R10,57 op die kus.

‘n Liter 93-oktaan-petrol sal R10,11 kos in Gauteng en R9,86 aan die kus.

Die prys van diesel met ‘n swael-inhoud van 0,05 sal met 62c per liter daal, terwyl diesel met 'n swael-inhoud van 0,005 met 61c sal daal.
   
Die prys van paraffien sal met 58c per liter daal.

– Volg Nuus24 op Twitter

  SAPA
Lees meer oor:    petrolprys
«Terug