Share

Pretorius-motor verkoop

KAAPSTAD. – Wyle Herman Pretorius se windmaker Aston Martin-sportmotor is vir R1,7miljoen verkoop. Maar nou is die vraag of Pretorius se weduwee, Susan Ann, dié geld kan kry.

Sy het in Desember in ’n beëdigde verklaring genoem “die Aston Martin” is verkoop en dat die bedrag van R1,7miljoen mettertyd in die trustrekening van haar prokureur, Etienne Naude, inbetaal sal word.

Intussen is daar steeds ’n dispuut tussen haar en die eksekuteurs van Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund-trust (RVAF) oor Pretorius se boedel. Pretorius se weduwee is die eksekuteur van sy boedel en staan ’n aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen dat die boedel gesekwestreer word.

Die Aston Martin is per ooreenkoms tussen die kurators van die RVAF-trust en Susan Ann verkoop en die geld is in ’n trustrekening geplaas totdat die dispuut oor die eienaarskap van die R1,7miljoen opgelos is.

Die kurators wou by navraag nie kommentaar lewer oor enige dispuut met haar nie. Die aansoek vir die sekwestrasie van Pretorius se boedel word weer op 14 Februarie in die hooggeregshof aangehoor.

Susan Ann het verder in haar beëdigde verklaring bevestig dat sy kort ná Pretorius se dood £80000 (R1,1miljoen) uit sy persoonlike rekening by HSBC in Londen onttrek het.

Pretorius is op 26 Julie verlede jaar dood en die geld is van 1 Augustus af dag na dag uit die rekening onttrek.

Bedrae van £10000 (R141000) per dag is tussen 1 tot 8 Augustus en weer op 16 Augustus onttrek. Dit is die daaglikse limiet.

Volgens Susan Ann se verklaring het sy verdere onttrekkings gestaak nadat sy raad ingewin het dat die geld in die rekening van prokureurs in Brittanje moet bly totdat Pretorius se boedelprosedures in Engeland afgehandel is.

Op 18 Oktober 2012 was daar steeds £41000 (R581000) in dié spesifieke HSBC-rekening in Pretorius se naam.

Susan Ann het verklaar dat dit te alle tye haar bedoeling was om die geld na Suid-Afrika oor te plaas as deel van die proses om Pretorius se boedel af te handel.

Dit blyk dat daar ook ’n verdere £155690 (R2,2miljoen) in ’n tweede HSBC-rekening in Pretorius se naam is.

Verder is daar bedrae van £399641 (R5,6miljoen) en £406783 (R5,7miljoen) onder twee rekeningnommers by ’n beleggingsmaatskappy in die Verenigde Koninkryk aangeteken. Susan Ann het genoem dit is nie heeltemal duidelik vir haar of dit verwysings na dieselfde bedrag geld is nie, omdat die bedrae byna dieselfde is.)Pretorius se sakebelange is in die nuus sedert hy na bewering ’n voormalige vennoot, Julian Williams, in Kaapstad doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg het.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 459 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 983 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE