DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

SA-roeiers wen ook goud!

2012-08-02 13:37
Suid-Afrika se viertal-roeiers - Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith en James Thompson - het kort voor middagete SA se derde goue medalje op die Olimpiese Spele in Londen gewen.

Hulle het in die viertal liggewig-afdeling gewen.

Die span was teen die halfpadmerk taamlik ver agter - in vierde plek agter Denemarke, Australiƫ en Brittanje, maar het verbete van agter af gekom om in eerste plek te eindig.

Brittanje het silwer gewen en Denemarke was derde.

Suid-Afrika het nou geklim tot die 8 ste plek op die medalje-tabel!
«Terug