Share

Skok oor ál minder in kerke

PRETORIA. – Die verlies aan godsdienstigheid onder Suid-Afrikaners is nie ’n verrassing nie, maar die omvang daarvan is wel skokkend.

So het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, gister gereageer op die jongste peiling van die Win-Galup International Religiosity and Atheism Index.

Daarvolgens het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is, van 2005 tot vanjaar geval van 83% van die bevolking tot 64%.

Dié daling van 19 persentasiepunte word net oortref deur dalings in Viëtnam (23%), Ierland (22%), Switserland en Frankryk (21% elk).

Niemandt het gesê die tendens bevestig die vermoede van groeiende sekularisering.

Hy meen kerke moet diep vrae aan hulself stel. Hulle moet die geweldige kragte van die verbruikerskultuur beter verstaan en ’n alternatiewe leefstyl aan hul mense bied.

Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk se Sentrum vir Missionale Bediening het gesê dis nie ’n nuwe tendens nie. Dit kom al sedert die dae dat Galileo en Darwin vir denkskuiwe gesorg het wat mense laat vra het waar God inpas.

Kerke moet nou vra of daar weer so ’n denkskuif aan die gang is. Hy het verwys na die opkoms van postmodernisme en die verlies van ’n waar- heids­begrip wat mense die geloof laat bevraagteken.

Volgens hom is daar tog hoop vir die kerke. Daar is plekke waar mense by die egtheid van die geloof uitkom waar dit weer groei.

Dit is waar mense verby die verbruikerskultuur kyk en herontdek wat dit beteken om ’n egte dissipel van Jesus te wees.

Geloof self is nie die groot probleem nie, het Dreyer gesê. Die probleem is om dit sinvol te kommunikeer in veranderende omstandighede.

Niemandt het gesê mense stel deesdae minder belang in dogma en meer in ervaring van God. Kerke is egter nog op dogma ingestel. Hy meen kerke moet skuif van ’n benadering waar dit van mense verwag word om eers te bely, dan om tot ’n kerk te behoort en dan om hul geloof in God te ervaar, na ’n omgekeerde volgorde waarin die ervaring met God eerste kom en die bely laaste.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1033 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1108 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.0%
Rand - Pound
23.96
-0.0%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
910.30
-0.2%
Palladium
997.50
-0.8%
Gold
2,314.26
-0.1%
Silver
27.09
-0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,573
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,836
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE