DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

Telkom beboet vir mark-uitbuiting

2012-08-07 11:45
Die Mededingingstribunaal het versoek dat Telkom met R449 miljoen rand beboet word vir buitensporige pryse wat hy aan kleiner, onafhanklike maatskappye gevra het tussen 1999 en 2004.

Dié buitensporige pryse is gevra vir Telkom se netwerk-infrastruktuur - data dienste soos internet en selfoonboodskappe.

Die kleiner maatskappye het ook aangevoer dat Telkom sy diens teen baie laer en kompeterende tariewe aan sy eie kliënte en verwante maatskappye gevra het.

Die helfte van die boete moet binne ses maande van die tribunaal se besluit betaal word en die res binne 'n jaar daarna.

Telkom het aangevoer dat die boete katastrofiese gevolge sal hê en sy sakebelange op die spel sal plaas.

Telkom se aandeleprys het vanoggend met meer as 3% geval maar dit het intussen weer opgegaan. Dit was teen middagete nul-komma-sewe persent laer op R17.93.

Hier is die uitspraak in geheel.


«Terug