Share

Toutrekkery oor rugby in nuwe stadion

Kaapstad

Toetsrugby in die Kaapstad-sta­dion.

Dít is waarvoor rugbyliefhebbers moontlik reeds aanstaande jaar hul lippe kan aflek.

As die operateur van die sta­dion, Sail Stadefrance, sy sin kry, sal die Springbokke reeds in 2011 ’n Drienasies-toets teen die All Blacks of Australië in dié stadion speel. Dit is egter ’n ope vraag of die Westelike Provinsie-rugby-unie daarvoor te vinde sal wees.

Volgens mnr. Morné du Plessis, voorsitter van Sail Stadefrance, is die stadion die perfekte plek vir so ’n wedstryd. “Meer toeskouers (as by Nuweland) kan verwag word. En met die Lekkerlooproete wat weer in gebruik geneem gaan word, kan dit ’n uitstekende geleentheid vir Kaapstad en sy mense wees.”

Hulle wil met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die WP-rugbyunie in gesprek tree om groot wedstryde soos Drienasies-toetse in die Kaapstad-stadion aan te bied.

Die uitvoerende hoof van die Westelike Provinsie-rugbyunie, mnr. Theuns Roodman, het egter daarop gewys dat die unie die alleenreg het om groot rugbywedstryde in die provinsie aan te bied. Nuweland is die WP-rugbyunie se tuisveld en sal dit bly.

“Indien daar wel ’n toets in die Kaapstad-stadion gespeel word, sal ons as unie die besluit moet neem. Goedkeuring moet van die WP-rugbyunie gekry word voordat enige groot wedstryd in dié provinsie op ’n ander plek as Nuweland gespeel kan word.

”Du Plessis het vroeër gesê hulle wil ook graag die sewes-toernooi van die Internasionale Rugbyraad in die Kaapstad-stadion aanbied. Roodman het koue water op dié plan gegooi en gesê die WP-rugbyunie het reeds aansoek gedoen om die toernooi vir die volgende paar jaar op Nuweland aan te bied.

Roodman het gesê hoewel hulle oop is vir voorstelle oor sekere wedstryde in ander stadions, kan hy die versekering gee dat Nuweland steeds die tuiste van WP-rugby sal bly. Hulle beplan nie om na die Kaapstad-stadion te verskuif nie.

“Nuweland is sinoniem met die WP-span. Ons gaan dit nie nou verruil vir ’n ander plek nie.” 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 927 votes
No! It's time to move on ...
33% - 452 votes
Vote
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
921.80
-0.4%
Palladium
961.00
-3.0%
Gold
2,335.81
+0.1%
Silver
27.27
-0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE