DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

Trein tref man, hond by Stellenbosch

Deur: Alet Janse Van Rensburg 2012-07-23 13:15
'n Jong man van Kaapstad is dood toe hy vanoggend deur 'n trein buite Stellenbosch raakgery is.

Die ongeluk het omstreeks 10:45 tussen die Du Toits- en Koelenhof-stasies naby die R304 in die rigting van Kaapstad plaasgevind.

Die man en 'n vriendin het glo met vriende se hond gaan stap toe dié by die spoorlyn opgehardloop het. Hy het die hond probeer red toe die trein hom getref het.

Hulle was glo deel van 'n groep vriende wat die naweek in 'n nabygeleë huis gekuier het. 

Lees meer in Die Burger môre.
«Terug