Share

VGK besluit gay teoloog moet gelegitimeer word

STELLENBOSCH. – Die kuratorium van die VGK het besluit om by sy algemene sinodale kommissie (ASK) aan te beveel dat Abé Pieterse, ’n gay teoloog, gelegitimeer word.

Hulle het gister eenparig hierop besluit.

Pieterse het vandeesweek op ’n besluit van die kuratorium gewag nadat hy vir ’n derde keer aansoek gedoen het om gelegitimeer te word.

Hy het sy teologiese kwalifikasie, ’n BTh-graad, in 2005, ’n MDiv in 2006 en lisensiaat in 2007 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Volgens Pieterse word in die aanbeveling wat aan hom gegee is, gesê: “...daar nêrens enige besluite geneem is dat daar gediskrimineer gaan word teen enige gay of lesbiese persone nie, hetsy praktiserend of nie”.

Dr. Natie Philander, skriba van die kuratorium, het die volgende aan Die Burger gesê: “Die kuratorium van die VGK van die Kaapland-streeksinode, wat gemeentes van die Wes- en Oos-Kaap asook Namakwaland insluit, het gister eenparig besluit om by die tersaaklike kommissie van die algemene sinode van die VGK Suid-Afrika aan te beveel dat Abé Pieterse gelegitimeer word.”

Philander het bygevoeg: “Die kuratorium meen dat die sinodale besluite van die VGK Suid-Afrika dit nie uitspreek teen die legitimering van teologiese kandidate wat ’n lesbiese of ’n gay oriëntasie het, maar wat nie praktiserende lesbiërs of gay is nie.”

Gevra of dit beteken die kandidate moet selibaat bly of nie, het hy herhaaldelik geantwoord: “Ons volstaan met hierdie inligting.”

Pieterse het gister gesê hy is bly dat ’n eenparige besluit geneem is en meen dit stuur ’n hoopvolle boodskap uit.

“Dis baie goeie nuus, en ek is bly dat dit ook ’n stap vorentoe is vir gelykheid, geregtigheid en die uitleef van ons belydenis. Dit lyk asof daar wel lig aan die einde van die tonnel is,” het hy gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 434 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 621 votes
Vote
Rand - Dollar
18.93
-0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE