Die minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Alan
Winde, het Maandag drie klere-fabrieke in die Kaapse skiereiland besoek.
Volgens Winde toon die Wes-Kaapse klerevervaardigingsindustrie weer
tekens van groei, nadat dit die afgelope paar jaar in trurat was as
gevolg van die wêreldwye ekonomiese resessie en die grootskaalse invoer
van klere uit China en Indië.