Share

Windpomp word onskuldig bevind aan verkragting

Oudtshoorn - Wynand “Windpomp” Burger, die sanger wat verlede jaar tydens die Absa KKNK aangekla is van verkragting, is gister bykans ’n jaar later onskuldig bevind.

Me. Yolande Eybers (25) van Hartenbos het beweer Burger het haar in die vroeë oggendure van 4 April in ’n tentdorp op die skouterrein verkrag.

“Geen sodanige getuienis bestaan nie en die beskuldigde word hiermee onskuldig bevind,” het streeklanddros Daniel Boks in sy uitspraak gesê.

“Die verdediging het reeds tydens die eerste sessie vir kruisondervraging voorgehou hy sal aanvoer dat seksuele omgang met toestemming geskied het.

“Sy het hom binnegenooi. Sy het niks gedoen om hom te stop nie.”

Eybers was die staat se eerste en enigste getuie wat geleentheid gekry het om te getuig.

“Tydens hofondervraging het die staatsaanklaer die aspek aangeraak van die blanks wat nie in die klaer se verklaring aan die polisie genoem is nie.

“Tydens kruisondervraging deur mnr. Christo van der Bergh, vir die verdediging, is sy gekonfronteer met haar getuienis en dit het geblyk dat sy vier keer blanks beleef het en belangrike aspekte nie kon onthou nie.

“Sy het drie weke later gesit en dink en ’n afleiding gemaak oor die blanks. Sy was nie seker dat sy verkrag is nie en dat sy tot seks kon ingestem het nie. Sy kon tydens die blanks ja gesê het.

“Sy het eers besef sy kon verkrag gewees het toe hy agterna langs haar lê en snork.”

Volgens die staatsaanklaer, me. Michelle Weyers,het die direkteur van openbare vervolging besluit ’n aansoek om ontslag sal nie teengestaan word nie omdat daar nie voldoende getuienis is nie.

Burger het buite die hof gesê hy sal weer van voor af aan sy sangloopbaan moet begin werk.

“Ek het geen optredes meer gekry nie. Ek wou verlede jaar ’n CD by die KKNK bekend gestel het, maar toe sit ek in die tronk. Ek is nou besig met nog ’n CD,” het hy gesê.

Hy is nog nie seker of hy vanjaar by die KKNK gaan wees nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 479 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1048 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE