Share

Akademie vereer skrywers

Kaapstad - Die Kaapstadse digter Johann de Lange het die Hertzogprys vir poësie vir sy bundel Die algebra van nood (Human & Rousseau) gewen.

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. J.B.M. ­Hertzog. Dit word saam met ander pryse uitgeloof deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns.

Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt toegeken vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié ­vol­g- orde. Die prys word toegeken op aanbeveling van die akademie se letterkundekommissie. Die lede van die kommissie was Louise ­Viljoen (voorsitter), Hennie van Coller, Heilna du Plooy, Helize van Vuuren, Heinrich Ohlhoff, Willie Burger en A.G. Visagie.

Die Eugène Marais-prys vir ’n eerste of vroeë letterkundige werk gaan aan die Kaapstadse skrywer Nicole Jaekel Strauss vir haar ­debuutbundel kortverhale, Maal (Tafelberg). Die prys kan net een keer aan ’n persoon toegeken word.

Die Stellenbosse digter Lina Spies is die wenner van die SA Akademieprys vir vertaalde werk. Die prys word toegeken vir vertaling in Afrikaans van belle- ttristiese werk uit enige ander taal. By die beoordeling van die vertaling word gelet op die aansien wat die vertaalde werk binne sy eie letterkunde geniet en op die juistheid en algemene geslaagdheid van die vertaling. Spies ontvang dit vir die vertaling van Die agterhuis van Anne Frank (Protea Boekhuis).

Elsa Joubert is die ontvanger van die Louis Hiemstra-prys vir niefiksie.

Sy ontvang die prys vir Reisiger (Tafelberg).

Die Huberte ­Rupertprys vir klassieke musiek gaan aan Hubert van der Spuy, emeritus ­professor in musiek aan Unisa. Van der Spuy was betrokke as koorkomponis, orrelis en begeleier vir sang en instrumentaliste. Sy groot bydrae tot en invloed op klassieke kunsmusiek in Suid-Afrika is ­beklemtoon en bevestig deur die erkenning verlede jaar van ’n erelisensiaat in musiek deur Unisa.

Erepennings van die akademie is aan die volgende mense gedoen:

.Neil Sandilands ontvang ’n erepenning vir ’n dokumentêre TV- program in Afrikaans vir ­Impressario: ­Marius Weyers.

.Carel Trichardt en Petru Wessels ontvang ’n erepenning vir ­toneel-en-verhoog- kuns.

.Judith Mason ontvang ’n erepenning vir visuele kuns (skilderkuns).

Die pryse sal in Potchefstroom (24 Junie) en ­Stellenbosch (7 September) oorhandig word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 355 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 492 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.45
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
904.58
+0.9%
Palladium
1,012.82
+1.1%
Gold
2,218.03
+1.1%
Silver
24.80
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE