Share

Arm teater welryk aan vernuf

Sunday Morning
Kalkbaai-teater, Kalkbaai
****

’n Plesierige nadraai van die Nasionale Kuns­tefees op Grahamstad is dat die Kaapse teaterbase daarvoor sorg dat diegene wat nie daar kon wees nie, darem ook kans kry om van die room af te skep.

Simon Cooper, eienaar van die Kalkbaai­teater, is lief om te vertel hoe lank hy al sukkel om die voorste fisieketeater-akteur James Cuningham weer hier te kry. Plaaslike gehore ken dié Gautengse akteur danksy skitter-optredes in juweeltjies soos Jutro, Baobabs Don’t Grow Here en Black and Blue.

Vir sy huidige solostuk, Sunday Morning, gebruik Cuningham die kreatiewe span wie se solostuk Dirt (met James Cairns) met groot sukses in dieselfde teater opgevoer is. Nick Warren, skepper van die puik teks, werk in die advertensiewese en is al jare lank ’n professionele skrywer. Sy vrou, Jenine Collocott, ook ’n skrywer en teaterskepper, is die regisseur.

In Sunday Morning is die fotograaf Mat (Cuningham) se lewe is presies soos hy daarvan hou: ongekompliseerd, gerieflik en georden. Tot een Sondagoggend wanneer sy lewensmaat, Suzie, hom met ’n brokkie nuus konfronteer wat dinge potensieel heeltemal deurmekaar kan krap. Hy besluit om ’n ent te gaan draf om sy kop skoon te kry. Hy verdwaal, beland in ’n deel van Johannesburg wat hy nie ken nie en net daar gebeur iets wat hul lewe onherroeplik sal verander.

Sunday Morning word aangebied in die styl van théâtre pauvre, oftewel “arm teater”. Dit beteken jy kom klaar met wat jy het. Met ’n akteur soos Cuningham is ’n minimalistiese stel en so te sê geen rekwisiete nie allermins ’n probleem.

Soos ’n verkleurmannetjie wat op herfsblare rondloop gly hy moeiteloos van die een luim na die ander en lewer elke woord met presies die regte gevoelswaarde. Hy skep beelde wat jou laat voel jy is binne in sy kop en sien wat hy sien, beleef wat hy beleef, voel wat hy voel. Daarom is jou meelewing sonder skroom of voorbehoud.

Sunday Morning is ’n diep menslike storie wat met eenvoud oorgedra word. Maar as jy James Cuningham het, is daar in elk geval oorvloed.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 80 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 173 votes
Vote
Rand - Dollar
19.25
-0.4%
Rand - Pound
23.89
-0.3%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
949.10
-0.1%
Palladium
1,025.50
-0.4%
Gold
2,383.03
+0.2%
Silver
28.29
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE