Share

Maya Fowler met jeugprys bekroon ná 2 probeerslae

Kaapstad

Dit was ’n lang wag vir die ­finaliste van Maskew Miller Longman (MML) se letterkundepryse.

Die sperdatum in dié wedstryd, gemik op tieners en jong volwassenes, was al in April ­verlede jaar. Meer as 150 manuskripte in al 11 landstale is ­ontvang. Die finaliste het egter ’n rukkie gelede eers gehoor wie op die kortlys is, omdat deel van die prys is dat hul boeke deur MML uitgegee gaan word. Gister­middag, by die prysuitdeling in Kaapstad se ou stadsbiblioteek, het hulle egter uitgevind wie wen en kon hulle ook hul ­boeke, vars van die drukkers af, vashou.

Die oomblik was die wag werd– veral vir Maya Fowler, wat die Afrikaanse kategorie ­gewen het. Dit is die eerste keer dat Fowler wen, nadat sy in 2009 op die kortlys was van die Herman Charles Bosman-prys vir haar debuut, The Elephant in the Room (Kwela), én die Sanlam-prys met Detour.Detour het vanjaar in Afrikaans verskyn as As jy ’n ster sien verskiet(Tafelberg).

Fowler is bekroon vir Om op ­eiers te dans, ’n storie wat hom afspeel op ’n Karooplaas waar ’n seun in opstand kom teen sy bitter, manipulerende ma en afwesige pa. Die keurder Riana Scheepers het gesê sy was “met die wegspring baie beïndruk met dié verhaal”.

Vanjaar was daar in vyf kategorieë wenners. Oor die Sepedi-wenner was die beoordelaars veral opgewonde. Herbert Lentsoane se Tshweu ya ditsebe gaan oor ’n albinoseun wat deur sy pa verwerp word – net om jare later met hom herenig te word. Prof. Moloko Sepota het dit een van die boeiendste boeke genoem wat hy tot nog toe gelees het.

Jayne Bauling is die Engelse wenner met Stepping Solo, oor ’n gr.11-seun wat die hoof van sy klein huishouding is. Ander wenners is Ezra Mcebisi Nkohla in Xhosa en Sello Mokua in Tswana, met Mabonchi Goodwill Motimele en Othusitse Moses Lobelo as finaliste in onderskeidelik die Sepedi en Tswana-kategorie. ’n Reeks slypskole word jaarliks onder die vaandel van die prys aangebied. Rachelle Greeff was dié slag die mentor.

Die wenners kry R10000 elk, en die twee finaliste R5000.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 421 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 894 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE