DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

Leier se metgesel bly joernalis

2012-06-05 13:38

PARYS. – Die Franse “presidentsvrou”, Valerie Trierweiler, gaan voort met haar werk as ’n joernalis vir die nuustydskrif Paris Match.

Sy het verlede Donderdag ’n nuwe ooreenkoms geteken waarvolgens sy kultuur, boekresensies en kunsuitstallings vir die tydskrif sal dek.

Pres. François Hollande se metgesel het al lank aangedring om aan te hou werk, al het sy nou personeel in haar informele rol as presidentsvrou.

“Dekking van die presidensiële paartjie sal onafhanklik bly.Ons het ’n gesegde by die Match wat lui: ‘Daar is slegs een ster hier en dit is die publikasie’,” het die tydskrif se redakteur, Olivier Royant, gesê. – Reuters

Die Burger
«Terug