DieBurger

Alkohol vloei ná sege, nederlaag

Deur: Sapa-AP 2012-08-03 06:00

LONDEN. – Sport en drank meng soms glad nie.

Terwyl die Australiese roeier Josh Booth deur die polisie aangehou is en gehospitaliseer is omdat hy te diep in die bottel gekyk het, het die Britse fietsryer Bradley Wiggins sý sukses Woensdag met ’n baie openbare drinkery gevier.

Dít het gekom nadat Wiggins Brittanje se mees suksesvolle Olimpiese atleet geword het met ’n vierde sege in die fietsren. Wiggins het aanhangers via Twitter van sy drinkery op hoogte gehou.

“Daar is nie ’n Brit wat nie vir hom ’n drankie sal wil koop nie,” het Andy Hunt, ’n Britse diplomatieke verteenwoordiger, gesê.

Booth (21) is aangekeer ná hy ’n winkel beskadig het nadat sy span sesde in die agtspan-roei vir mans geëindig het. Hy het flougeval en is na die hospitaal geneem.

Hy is later ontslaan.

Die Burger
«Terug