DieBurger WEBWERWE/DIENSTE >

Drie dood, een vermis ná vaart

Deur: Sapa 2012-04-29 23:10

ENSENADA. – ’n Seiljag wat aan ’n resies naby die kuste van Kalifornië en Mexiko deel­geneem het, het klaarblyklik in die nag teen ’n veel groter skip gebots. Volgens ’n seilvereni­ging is drie bemanningslede dood en een word vermis.

Die 37 voet lange Aegean, wat met vier bemanningslede ge­seil het, is Saterdag as vermis aangemeld tydens die 125 myl (ongeveer 202km) -seiljag­­resies tussen Newport Beach, Kalifornië en Ensenada, Mexiko, het die Amerikaanse kuswag gesê.

Die Newport Ocean Sailing Association, die organiseerder van die resies, het gesê die ongeluk het waarskynlik Vry­dag laat of Saterdagoggend vroeg naby die seegrens tussen die ­twee lande gebeur.

Die kuswag kon nog nie bepaal wat presies met die seiljag tydens die wedvaart gebeur het nie. – Sapa

Die Burger
«Terug