Share

Net#work haal Ogilvy in

accreditation
Net#work BBDO het in die peilvlak alles uitgehaal en trek nou gelyk met Ogilvy Kaapstad in die wedloop om die topposisie op die Loerie-kortlys. Net#work was twee weke gelede, toe die eerste ronde finaliste bekend gemaak is, in die sewende plek. Sedertdien het hy ’n groot aantal punte in die TV- en radiokategorieë bygekry.

FoxP2 is tot in die derde plek afgedruk, met Ogilvy Johannesburg vierde.

Die digitale kategorieë het meegebring dat twee spesialisagentskappe tot in die top-15 opgeskuif het. Hello Computer het 19 inskrywings op die kortlys, wat die 17 klop waarmee Gloo Digital Design, wat ’n lang tyd die onoorwonne digitale kampioen was, geslaag het. Digitale reklame is nie SA se sterk punt nie en dit gebeur selde dat ons by internasionale kreatiewe toekenningsgeleenthede selfs ’n finalis oplewer. Dit was daarom bemoedigend om te sien dat 33 agentskappe in die digitale kategorieë na die finale stadium deurgedring het.

Soos altyd beteken ’n groot getal finaliste nie noodwendig trofeë nie. Net meer as 30% van die totale aantal professionele inskrywings (dit sluit inskrywings deur studente uit) het die kortlys gehaal, dus dien dit eerder as ’n aansporing om kaartjies na die toekenningsgeleentheid te koop as wat dit ’n aanwyser van waarskynlike sukses is.

Gaan na www.squeezeback.com vir volledige besonderhede van die kortlys. 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.52
+0.5%
Rand - Pound
23.23
+0.4%
Rand - Euro
19.86
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.12
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+1.3%
Platinum
969.20
+0.7%
Palladium
957.00
+0.2%
Gold
2,311.43
-0.3%
Silver
26.51
-0.5%
Brent Crude
83.44
-3.5%
Top 40
70,550
+0.9%
All Share
76,666
+0.8%
Resource 10
60,986
-0.5%
Industrial 25
106,241
+1.2%
Financial 15
16,819
+1.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders