UD Express
Share

Kokkedoor: Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

accreditation
0:00
play article
Subscribers can listen to this article
Bertus Basson en Kobus Botha.
Bertus Basson en Kobus Botha.
Photo: Verskaf

As braai jou gunsteling tydverdryf is, lees bietjie verder...

kykNET steek alreeds die vure aan vir die volgende seisoen van die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks Kokkedoor Vuur & Vlam en jy kan nou inskryf vir hierdie opwindende reis!

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar weer die koskenners Bertus Basson en Kobus Botha met hul braai-vaardighede beïndruk.

Die oorkoepelende Kokkedoor-tafel is vir die eerste keer in 2013 vir kykers gedek en oor die jare het familielede van die reeks, waaronder Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie geurryke vermaak en inspirasie aan oud en jonk verskaf. 

Verlede jaar het hierdie koswerlikheidsreeks vir die eerste keer ’n braaivoorskoot aangetrek en Karen Els van Malmesbury en Gert Joubert van Jeffreysbaai is as die eerste wenspan van Kokkedoor Vuur & Vlam gekroon, lui ’n verklaring oor die gewilde koswerklikheidsreeks.

Nou is kykNET weer opsoek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en ’n kinkelbraaier wat vurig daaroor voel om kos oor die kole gaar te maak. 

Wat is die verskil tussen hierdie braaiers? ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, maar hul hart klop warm vir tradisionele kos. Hulle word gekies vanweë hul vernuf as ’n huiskok en hul kennis van onthoukos. 

Daarenteen word Kinkelkbraaiers gekies juis vir hul kwalifikasies en/of hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis. 

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2024 en die reeks sal van Januarie 2025 op kykNET uitgesaai word.

Skryf so´ in:

Besoek www.kyknet.tv of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv.

Elke deelnemer se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat:

  • Stel jouself bekend.
  • Vertel wie jy is.
  • Waar kom jy vandaan.
  • Skryf jy in as ’n onthoubraaier of ’n kinkelbraaier?
  • Wat maak van jou ’n onthoubraaier of ’n kinkelbraaier?
  • Hoekom wil jy deelneem?

Reëls:

Hoe oud moet iemand wees om deel te neem?

Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.

Kan enigiemand inskryf?

Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf.

Wanneer vind die oudisies plaas? 

Oudisies sal in Junie 2024 plaasvind.

Wanneer en waar gebeur verfilming? 

Spanne wat deurdring om deel te neem, moet van 18 Julie tot 14 Augustus in Struisbaai in die Suid-Kaap beskikbaar wees.




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
President Cyril Ramaphosa will sign the National Health Insurance Bill into law this week.
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
At last. The NHI will improve healthcare for all South Africans.
4% - 198 votes
Cheap politicking before the election. Challenge the Bill in court.
87% - 4032 votes
I don't have strong feelings about the NHI either way.
8% - 379 votes
Vote
Rand - Dollar
18.20
+0.4%
Rand - Pound
23.05
+0.5%
Rand - Euro
19.78
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.6%
Rand - Yen
0.12
+0.7%
Platinum
1,063.55
-0.4%
Palladium
992.76
-2.0%
Gold
2,376.27
-0.5%
Silver
29.58
-0.4%
Brent-ruolie
82.75
+0.5%
Top 40
73,214
+0.1%
All Share
79,509
+0.2%
Resource 10
62,134
-1.2%
Industrial 25
111,717
+0.3%
Financial 15
17,211
+0.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE