Share

Argentinië toor Suid-Korea

Anja Carstens

Kaapstad - Argentinië het Suid-Korea Donderdag met 4-1 in hul Wêreldbeker-groepwedstryd op die Soccer City-stadion in Johannesburg vernietig.

'n Eiedoel deur Park Chu-Young het aan die Argentyne 'n 1-0 voorsprong in die 15de minuut gegee.

Hoewel die Suid-Amerikaners spel gedomineer het, het die Koreane positief gespeel en sterk verdedig.

Gonzalo Higuain het die eerste van sy drie doele in die 33ste minuut met 'n kopskoot in die net gestamp.

Kort voor die blaas van die rustydfluitjie het Lee Chung-Yong Suid-Korea se enigste doel van die wedstryd aangeteken.

Die rustydtelling was 2-1.

Doelwagter Jung Sung-ryong het uitstekend gedoen om die Argentyne se doelpogings te keer, maar in die 67ste minuut het Higuain sy tweede doel geskop.

Slegs drie minute later het dié Argentyn sy driekuns met 'n netjiese kopskoot behaal.

Dié twee lande se enigste ander kragmeting by 'n Wêreldbeker was 24 jaar gelede, toe die twee spanne se afrigters Diego Maradonna en Huh Jung-Moo, opponente was. Argentinië het daardie wedstryd met 3-1 gewen.

Suid-Korea se laaste groepwedstryd is op 22 Junie teen Nigerië in Durban terwyl Argentinië op dieselfde dag teen Griekeland in Polokwane sal speel.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 882 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE