Abuja – Minstens 16 mense is Dinsdag dood in 'n aanval op 'n Christelike kerk in noord-sentrale Nigerië, het 'n kommandeur van die weermag gesê.
Gabriel Olorunyomi van die weermag in die deelstaat Kogi het die aanval op die Deeper Life Church in Okene bevestig, maar het gesê besonderhede oor die voorval is nog baie vaag.
Inwoners het gesê hulle glo die aanvallers was lede van die Islamitiese Boko Haram-beweging, wat voorheen kerke geteiken het.
Dié aanval volg minder as 24 uur nadat die djihadiste-groep aanspreeklikheid aanvaar het vir 'n aanval wat Sondag die lewe van ses mense in Damaturu in noordoostelike Nigerië geëis het.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA